Huldeblijk

logo-idW-oud

Via ds Jaap Boersma uit Haarlem ontvingen we enige tijd geleden de toespraak die Carl Niehaus, oud-ambassadeur van Zuid-Afrika in Nederland, hield bij de begrafenis van Beyers Naudé. We nemen die hierbij graag op in ons blad. Het ‘afrikaans’ is bij rustige lezing nauwelijks een bezwaar, leek ons.

(redactie)

HULDEBLIJK

Dit was Oom Bey se wens dat hierdie huldeblyk in Afrikaans gelewer moet word. Omdat egter soveel van ons wat van dag hier is nie Afrikaans verstaan nie, het ek besluit om dele daarvan in Afrikaans te doen en die res in Engels. Ek hoop dat dit Oom Bey se goedkeuring sou wegdra. Die volledige Afrikaanse en Engelse tekste is in die program opgeneem.

“Ek was nog nooit so alleen as toe nie”.

Met hierdie woorde het Beyers Naudé sy diepe sielswroeging beskryf, oor hoe hy gevoel het voordat hy na hierdie kerkgebou gekom het om onder dwang uit die bediening te tree, nadat hy besluit het om die posisie as Direkteur van die Christelike Instituut te aanvaar.

Dit was vanaf hierdie kansel waar Oom Bey die gemeente toegespreek het en toe sy toga uitgetrek en neergelè het. Aan die einde van die diens het hy en Tannie Ilse by die deur gaan staan om elke gemeentelid ‘n laaste maal te groet. Sommiges het gehuil, ander was boos, party het uit woede of verleentheid probeer om hul te vermy.

Tog kon Beyers Naudé se boodskap nie ontken of ontkom word nie: naamlik om God meer gehoorsaam te wees as menslike posisies en eer. Dié boodskap weerklink vandag weer nog net so sterk en uitdagend in hierdie gebou.

Die lewe van Beyers Naudé het na daardie waterskeiding Sondag die trekke van ‘n Moses-tog deur die woestyn vertoon. Verguising deur vele van sy eie Afrikaner-mense, ‘n pelgrims pad van soeke na hoe vèr hy kon – nee moes – gaan in sy deelname aan die bevrydingsstryd teen Apartheid. Viteindelik agt jaar van verbanning, oodsdreigemente, bom-aanvalle by sy huis en die bitter pyn om vele van sy mede anti-Apartheid strydgenote wat vermoor is te moes begrawe. Maar daar was ook die dankbare vreugde om die verwesenliking van sy hoop en werk te kon sien toe op die 10de Mei 1994 – op Oom Bey se 78ste verjaardag – sy vriend en kameraad, President Nelson Mandela, ingehuldig is as die eerste demokraties verkose President van alle Suid-Afrikaners.

Oom Bey was ‘n natuurlike leier – maar hy het gelei deur om ‘n dienskneg te wees en dit was geen eenvoudige opgawe vir ‘n blanke Afrikaner man met sy opvoeding en agtergrond nie. Dit het nie vanself gekom nie, maar was die resultaat van diep introspeksie en innerlike stryd. Sy diensknegskap aan God loop dan ook soos ‘n goue draad deur sy hele lewe. Óf dit nou in sy diepe weersin teen die NG Kerk se ondersteuning van Apartheid was en sy volgehoue aandrang vir kerk eenheid, óf sy insig dat die African Independent Churches meer erkenning en ondersteuning moet ontvang, óf sy betrokkenheid by die bevryding-stryd en die ANC – alles het voortgevloei uit die onuitputlike fontein van sy geloof. In al die stryd en harwar was dit die krag van sy geloof wat hom in staat gestel het om deurgaans van homself te gee en ander te ndersteun – selfs in die moeilikste tye toe hy ook van sy vryheid ontneem was.

Vir meer as 60 jaar het Oom Bey en Tannie Ilse se huwelik die vele storms en aanslae weerstaan. Deur alles heen was Tannie Ilse altyd daar. Ook sy het ‘n dure prys betaal vir die moeilike pad wat haar man ingeslaan het, maar nooit het sy in haar eie oortuigings en die liefde wat hul met mekaar gedeel het gewankel nie. Dit was dan ook in die kameraadskap van hul liefde wat Oom Bey in die laaste maande van sy siekte die grootste steun en vertroosting gevind het.

Toe Oom Bey my gevra het om hierdie kort toespraak voor te berei, was sentraal in sy opdrag dat hy tydens sy begrafnis nie lang lofbetuiginge oor homself wil hè nie. Soos altyd, toe hy soos met vele van ons wat vandag hier bymekaar is agter in die tuin van sy huis in Greenside ontmoet het, was dit vir hom belangrik dat die praktiese behoeftes van vandag aangespreek moet word. Eerder as dat loflledere gesing word, wou hy dat sy visie oor die uitdaginge van die hede en hoop vir die toekoms van ons land en mense ter sprake kom.

Maar ek weet dat Oom Bey met sy skerp sin vir geskiedenis en afkoms sal begryp dat ons dit slegs goed kan doen deur te leer uit die voorbeeld van sy lewe. Dit was immers hy wat altyd by jong Afrikaners, soos ek, gepleit het dat ons nooit ons Afrikanerskap en waar ons vandaan kom mag vergeet nie; “want daarsonder is jy soos ‘n boom wat by die wortels afgekap is”.

Daar is min mense in Suid Afrika wat sulke diep wortels geskiet het in die grond van ons geliefde land, as die man in hierdie eenvoudige dennehout kis van wie ons vandag afskeid neem. Dit was juis daardie diep gewortelde liefde vir sy land wat Oom Bey in die laat vyftiger- en vroeë sestiger jare laat besef het dat Apartheid besig was om sy land en ons mense te vernietig. Toe hierdie besef eers tot hom deurgedring het, het ‘n nuwe wèreld vir hom oopgegaan. Dit was asof stukke klei van sy oë afgeval het en hy het begin hoor en sien wat die lewensomstandighede van die meerderheid swart Suid-Afrikaners was.

Een van die mees opvallende karaktertrekke van Beyers was sy vermoë om te luister na die lewensverhale van mense, om homself in daardie verhale te kon inleef, daardeur uitgedaag te word en dit op ‘n lewensveranderende wyse in sy eie lewe en optrede te integreer. Vir Beyers was dit nooit ‘n geval van om vir sy swart mede-Suid-Afrikaners te vertel wat hulle moet doen nie; maar om te hoor en te verstaan wat hulle sè, waarheen hulle wil beweeg en dan om saam met hulle te werk om daaraan uitvoering te gee.

Paul Mashatile het toe hy nog ‘n jong student was saam met my vir Oom Bey besoek, en toe ons by die tuinhekkie van sy huis uitstap sè hy vir my: “Hierdie is nie ‘n wit man nie, hy het werklik na my geluister …” Gaan vra maar vir Sydney Mufamadi, Frank Chikane, Patrick Lekota, Billy Matsetla en die duisende swart Suid-Afrikaners wat sy pad gekruis het; aan die begin van ‘n gesprek met Beyers was daar altyd die vraag: “Wat dink julle?”

Ek huiwer om veel te sè oor my persoonlike verhouding met Oom Bey. Baie van ons sit vandag hier met ons eie besondere herinneringe – hy was ons kameraad, vriend en herder. Vir Jansie (my eerste vrou en kameraad) en my was hy ‘n tweede vader wat ons toe ons nog bloedjonk was – skaars uit ons kinderskoene – by die hande gevat en weer op ons voete getrek het, toe soveel van ons eie mense ons verwerp het. ‘n Tweede vader wat my gehelp het om te verstaan waarom my eie vader nie kon begryp waarom ons Apartheid beveg nie. ‘n Tweede vader wat my geleer het om te stry sonder om te haat. ‘n Vader wat tot in die laaste gesprekke op sy siekbed by my aangedring het dat ons almal moet saamwerk vir versoening tussen wit en swart. ‘n Tweede vader wie se laaste afskeidswoorde aan my ook sy beste wense vir my ouers ingesluit het.

Wie verwag om in Oom Bey se outobiografie, My Land van Hoop, die volle verhaal van alles waarby hy betrokke was te lees kom bedroë daarvan af. Die terughoudende nederigheid waarmee hy die boek geskryf het sou iemand, wat nie die strekking en diepte van Beyers se betrokkenheid by die bevrydingstryd geken het nie, kon laat dink dat hy maar ‘n klein ondersteunende rolletjie gespeel het. Dit is altyd ander wat voorop gestel word en die eer ontvang. Maar vir die onder ons wat weet hoe ‘n sentrale rol Oom Bey gespeel het, is dit ‘n les in beskeidenheid.

Een van Oom Bey se mees sprekende politieke dade in die laaste jare van sy lewe was om die “Tuiste Vir Almal” verklaring te onderteken waarin hy, van alle mense, onomwonde erken dat hy ‘n bevoorregte van Apartheid was en sy verantwoordelikheid teenoor sy swart mede-Suid-Afrikane erken, “omdat alle blankes voordeel getrek het uit sistematiese rasse-diskriminasie”. Op diegene wat die geloofwaardigheid van sy ondertekening bevraagteken het, omdat hy dan simbool van die stryd teen Apartheid was en self soveel gely het, het Oom Bey met opregte verbasing gereageer. Sy antwoord was kort en op die punt af: “Natuurlik het ek gebaat by Apartheid, ek moes nog vroeër begryp het hoe verkeerd Apartheid was en natuurlik moet ek as blanke my in hierdie land waar swart mense soveel gely het met beskeidenheid daaraan wy om die gevolge van die verlede reg te stel”.

Oom Bey kon eenvoudig nie verstaan hoe dit anders kon nie. Vir hom was daar ‘n logiese vanselfsprekendheid, maar tog weet ons dat dit nie so maklik en vanselfsprekend is nie. Wanneer ons rondom ons kyk na vir hoeveel blanke Suid-Afrikaners dit verskriklik moeilik is om hierdie eenvoudige erkenning te maak,dan kom ‘n mens onder die indruk van hoe relevant en sterk die profetiese stem van Beyers Naudé tot en met sy laaste dae nog steeds weerklink het.

Tot met die laaste maande van sy lewe het Oom Bey betrokke gebly by die groot uitdaginge van ons land. ‘n Sentrale tema was altyd die gaping tussen ryk en arm en hoe om dit te oorbrug. Selfs toe hy nog skaars kon loop het hy nie net sy naam verbind aan armoede bestrydingsprojekte nie, maar self geld ingesamel ; en aktief mee gedink aan hoe om te probeer om werklik geleenthede te skep vir die armste van die armes. Altyd was daar die refrein… “Wat dink die mense?

Ons moet dit saam met hulle doen en luister na wat hulle wil hè”. Een van die projekte wat tot die einde naby Oom Bey se hart was, was om vir die jong kinders in townships, wat sonder sorg op straat groot word onderwyl hul ouers moet werk, dagversorging te voorsien. Hy het aangedring dat dit ‘n projek moes wees waarby die gemeenskap betrokke is en waar werksgeleenthede geskep word vir werklose vroue.

Min dinge het Oom Bey meer ontstel as wanneer geld wat vir armoede bestryding en die opbou van ons land bestem was, misbruik is of as gevolg van korrupsie nie by diegene vir wie dit bestem is uitkom nie. Hy het my dan ook spesifiek gevra om van dag hierna te verwys. Die boodskap wat hy wou oordra was duideIik: Naamlik dat korrupsie op geen wyse goed gepraat kan word nie, ook nie Iomdat dit tydens die stryd teen Apartheid moeiik was om goeie rekords te hou nie. Sogenaamde “struggle” boekhouding mag in geen geval ‘n goedpratery word vir misbruik en selfverryking nie, al is die persone ter sprake ook hoe prominent en talentvol.

Daar was tye wat Oom Bey letterlik honderde duisende rande in skoendose in sy huis en op ander plekke beheer het om anti-Apartheid aktiwiteite te finansier. Daar was min of geen moontllkheld vir boekhouding nie. Dit sou die maklikste ding in die wèreld gewees het om ‘n paar Rand hier of daar vir sy eie behoeftes of vir die van sy familie te gebruik en tog het hy alles in sy vermoë gedoen om te kon verantwoord vir elke sent. Baie van ons sal die verweerde klein sakboekie onthou waarin noukeurig, en met allerhande kodes om ons identiteite te beskerm, aantekeninge gemaak is.

Vir Oom Bey was uiterlike vertoon van mag en voorspoed nooit belangrik nie. Toe sy kinders vir hom op sy oudag ‘n tweedehandse Mercedes-Benz gegee het, omdat die meer veilig was as die ou Peugeot waarmee hy altyd gery het, het die in die garage bly staan. Op my vraag waaroor hy nie die motor gebruik nie, was sy antwoord dat hy hom dood sal skaam as hy daarmee deur die armoedige strate van Alexandra kerk toe moet gaan. Oom Bey was die voorbeeld van werklike innerlike gesag en leierskap wat sonder enige vorm van vertoon deur die mense raakgesien en aanvaar is. 80 was dit hier in Suid-Afrika, maar ook in die buiteland waar hy tientalIe onderskeidings ontvang het en deur koningshuise, kerk- en politieke leiers van die wèreld op die hande gedra is. Hy het die eerbewyse altyd op so ‘n wyse aanvaar en gebruik dat dit ‘n bydrae kon maak om die lewens van gewone 8uid-Afrikaners te verbeter.

Juis omdat hy sy lewenswerk op hierdie wyse volbring het, is ook vele buite die grense van ons land aangemoedig om te werk vir ‘n regverdiger wèreld. Die rol van Oom Bey se voorbeeld en oproepe vir hulp kan nooit onderskat word in die besluite van die Wèreld Raad van Kerke en vele ander godsdienstige organisasies om die stryd teen Apartheid te ondersteun nie. In ‘n geglobaliseerde wèreld roep sy voorbeeld ons nog steeds op om diskriminasie van alle vorme teen te staan, om groter erns te maak met die armoede vraagstuk en te werk vir ‘n regverdiger behandeling van vlugtelinge.

Die voorbeeld van leierskap wat Oom Bey met sy lewe vir die groqt eise van ons land voorhou, is ‘n uitdagende geskenk wat hy aan ons vir die toekoms meegee: Leierskap wat weet dat die grootste wysheid is om te besef dat ‘n mens nie alles weet nie. Leierskap wat nie neerkyk op die gewone mense nie, maar met respek en waardering luister na die wysheid van hullewenservaring. Leierskap wat deur die manier waarop jy met jouself en met mense omgaan hul respek verwerf. ‘n Vermoë om te luister, om in nederigheid groot genoeg te wees om foute te erken en kritiek te aanvaar. Om die voorbeeld van Jesus te verstaan, dat dit ‘n veel groter eer is om ander se voete te was as om jou voete te laat was.

Nadat Oom Bey en Tannie Ilse na die Elm Bejaarde-Oord verhuis het, kom ek die eerste keer by die ingang aan om hulle te besoek. Toe ek die naam Naudé noem, glimlag Johannes Choshi die veiligheidswag breed en begin met my in Afrikaans praat. Ja, Oom Bey is tuis en hy wil net vir my vertel hoe ‘n groot eer dit is om daar te werk noudat die Naudé’s daar woon. Ek vertel vir Oom Bey van die vriendelike ontvangs en hy weet dadelik wie dit is, waar die man vandaan kom, hoe dit met sy familie gaan en sluit af, “ons is so dankbaar dat die mense ons so vriendelik hier ontvang”. Ek wou vir hom sè dat dit tog vanselfsprekend is, maar doen dit nie, want ek weet dat Oom Bey dit nie so sou sien nie. Vir hom was erkenning geen reg, maar altyd ‘n onverdiende, verbasingwekkende geskenk. In die laaste periode van siekte lè hy in die siekeboeg en moet die verpleegsters vra om hulp – elke keer vra hy om verskoning dat hy moontlik lastig is, elke keer sè hy dankie. Elke keer was hy nog weer, sonder dat hy bewustelik wou, die nederige profeet wat lei.

Met hierdie begrafnis in die Kerk van Aasvoëlkop word ‘n sirkei voltooi. Die man, wat jare gelede hier ‘n diepe dal van verwerping en groot eensaamheid deurgemaak het, het terug gekom om vergesel van sy familie en duisende vriende – Suid-Afrikaners van alle bevolkingsgroepe en vlakke van die samelewing – die wèreldse deel van ‘n merkwaardige lewe te voltooi. Liefde, geloof en integriteit het getriomfeer. Nee, Oom Bey is nie meer alleen nie!

Ons het gekom met die pyn van afskeid in ons harte, maar ook met blydskap oor ‘n vol en toegewyde lewe. Een van Oom Bey se laaste wense was dat sy begrafnis nie ‘n treurige gebeurtenis moet weesnie, maar’n vreugdevolle tees, want (en ek haal aan) “Ons het soveel om voor dankbaar te wees”,

Met trane in ons oë glimlag ons. Baie Dankie Oom Bey.

Hamba Kahle/Carl Niehaus